Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781868631544 | Published: February 1, 2018 |

Pythagoras Wiskunde Graad 9

Pythagoras Wiskunde Graad 9

Author:FISICHEM
Regular price R 270
Regular price R 0 Sale price R 270
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Pythagoras 9 is aanvullend tot leerders se klaswerk en normale handboeke en gee hulle die geleentheid om ekstra oefeninge te doen. Die oefeninge sal leerders help wanneer hulle hersiening doen ter voorbereiding vir toetse en eksamens.

Elk van die vyf leeruitkomste en hulle onderafdelings, soos voorgeskryf in die KABV-dokument, word volledig in hierdie boek gedek. Elke module bestaan uit vier dele:

’n Kort bespreking van die belangrikste teorie en tipiese voorbeelde.
Oefening A: Hierdie oefening bestaan uit eenvoudiger probleme en is daarop gerig om leerders se kennis te konsolideer en vas te lê.
Oefening B: Hierdie oefening bestaan uit meer ingewikkelde probleme en is daarop gerig om leerders se kennis te verdiep.
Toets: Elke module sluit af met ’n toets. Leerders moet hulleself ’n tydsbeperking gee wanneer hulle hierdie toetse voltooi. ’n Goeie maatstaf is 1 minuut vir elke punt.
Let asseblief op: Sommige modules bevat ook ’n Oefening C. Dit is hoofsaaklik van toepassing op modules wat ’n groot volume inhoud bevat en die doel daarvan is om die werk beter saam te vat om sodoende leerders se begrip te bevorder. (Hierdie rangorde is egter nie in Module 1.1 gevolg nie, aangesien hierdie module ’n wye verskeidenheid onderwerpe dek.)

Die boek as geheel bestaan uit twee dele:

Die kort bespreking, oefeninge (vrae) en toets vir elk van die vyf leeruitkomste en hulle
onderafdelings maak die eerste deel van die boek uit.
Volledige antwoorde vir die oefeninge (vrae) en toetse (met puntetoekenning) maak die tweede deel uit.

Author FISICHEM

View full details