Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781868901760 | Published: May 15, 2018 |

`n Dief aan die kers: Skelm woorde deur die eeue

`n Dief aan die kers: Skelm woorde deur die eeue

Regular price R 260
Regular price R 0 Sale price R 260
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

"Hierdie splinternuwe boek deur dr. Anton F. Prinsloo beskryf hoe die oorspronklike betekenisse van ongeveer 1 000 Afrikaanse woorde metterjare só verander het dat die betekenisse wat ons vandag ken, byna hoegenaamd nie sin maak nie.

So byvoorbeeld het die woord ambisie eeue gelede niks met 'n sterk strewe na sukses en vooruitgang te doen gehad nie. As iemand in daardie eeue ambisie gehad het, het dié persoon soos 'n bedelaar van huis tot huis geloop.

En die betekenis van die Nederlandse dyk was toentertyd allermins dié van 'hoë wal by die see om water uit te hou'. Die woord het juis nie na die wal vewys nie, maar na die sloot wat gegrawe is om grond te kry om die wal, wat die land teen die see moes beskerm, mee te bou.

As ons vandag van 'n kandidaat praat, sou ons nie dink dat dit iemand is wat 'n verpligte wit rok sou moes aanhê nie.

Vandag is 'n wurm vir ons 'n klein, kruipende diertjie. Toentertyd kon dié woord na 'n maaier, slang, skerpioen of draak verwys het.

Dié boek verskil van 'n tradisionele boek oor die herkoms van woorde (die etimologie) deurdat dit net woorde behandel waarvan die betekenis erg prettig (en skelm) deur die tyd skeefgetrek is."

View full details