Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781869190828 | Published: May 1, 2008 |

Kladboek

Kladboek

Regular price R 70
Regular price R 250 Sale price R 70
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Die basiese gegewe van die roman is 'n boeiende klein menslike drama, naamlik die ontstaan en afloop van 'n liefdesvierhoek: Die verhouding tussen Die Skrywer en Geliefde loop op die rotse omdat Die Skrywer betrokke raak by Die Vrou. Die Man, eksgeliefde van Die Vrou, tree ook tot die verhaal toe wanneer daar 'n verhouding tussen Geliefde en Die Man ontstaan.
Rondom die sentrale tema van verhoudings bou Joan Hambidge 'n sterk, intellektueel stimulerende roman. Nie net kom die verhoudings tussen die verskillende karakters in die roman ter sprake nie, maar ook die verhouding tussen dié karakters en die skryfproses, tussen die skrywer en plekke, tussen die werklikheid en kuns, en tussen teorie en letterkunde.
Die skrywer gebruik 'n verskeidenheid genres om die vele gesigte van verhoudings te ondersoek: Daar is sprokies, kortverhale, briewe, opstelle, gedigte en selfs reisverslae, filmskote, lesings en koerantartikels. Hierdeur word Kladboek byna 'n klein biblioteek of boekrak met skryfwerk oor die onderwerp en sy uitvloeisels. Die skrywer eksperimenteer as 't ware met die teksvorme om die gegewe van verskillende kante te belig.
Juis hierdie verskeidenheid hou die leser van Kladboek se aandag gevange en maak dit, in die letterkundige Louise Viljoen se woorde, ''n goed leesbare roman wat 'n rykdom aan idees en insigte bevat. Myns insien is daar ook geen twyfel daaroor dat dit 'n kontroversiële roman gaan wees wat heelwat reperkussies binne die literêre wêreld en daarbuite gaan hê nie.'

Author Joan Hambidge

View full details