ISBN: 9781869190903 | Published: January 1, 2006 | Hardcover
Voetligte En Applous!: Die Beginjare Van Die Afrikaanse Beroepstoneel
Voetligte En Applous!: Die Beginjare Van Die Afrikaanse Beroepstoneel
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Voetligte en applous! is die geskiedenis van die pioniers van die Afrikaanse beroepstoneel. Dis 'n onderhoudende verhaal, vol vermaaklike staaltjies oor saamgeflanste verhoe en dowwe voetligte, geleende rekwisiete, huilende babas in gehore en die onvoorspelbare 'optredes' van kinders en diere. Die verhaal begin reeds in 1925, toe toneelstukke soos Die heks, Huis-toe en Oorskotjie opgevoer is. Dit is die verhaal van mense wat die onsekere bestaan van rondreisende toneelspeler gekies het: mense soos Wena Naude, Hendrik en Mathilde Hanekom, Andre Huguenet en Lydia Lindeque. Dis by tye 'n verhaal van ontbering en swaarkry, maar dis ook die verhaal van oomblikke van glorie, van hulde en applous. Die teks is 'n uitvloeisel van Danie Botha se jare lange betrokkenheid by die Afrikaanse toneelwereld.
Author Danie Botha
Share
