Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781869191368 | Published: January 10, 2006 | Hardcover

Hannes van der Merwe - Argitek en skrywersvriend

Hannes van der Merwe - Argitek en skrywersvriend

Regular price R 30
Regular price R 170 Sale price R 30
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Met die “groot vyf” wolkekrabbers in die stadskern wysig Hannes van der Merwe saam met ander, in die jare sestig en sewentig, die luglyn van Kaapstad: die Naspers-gebou, die Cartwright-hoekgebou, die uitbreiding aan die kantore van die Kaaplandse Provinsiale Administrasie se gebou, die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die Kaapstadse Burgersentrum (vandag die Unistad-hoofkantoor). Maar Hannes van der Merwe is veel meer as bloot argitek. Hy was jare lank betrokke by die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste en die Raad van Trustees van die Suid-Afrikaanse Kunsmuseum en het selfs op sy dag 'n bietjie toneel gespeel. Een van die boeiendste fasette van sy lewe is sy vriendskap met belangrike skrywers en joernaliste - Boerneef, D.J. Opperman, Piet Cillie en Izak de Villiers - waaroor daar in hierdie boek meer vertel word.

View full details