Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781869191481 | Published: September 17, 2007 | Paperback

Verblyf

Verblyf

Regular price R 60
Regular price R 310 Sale price R 60
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Twee susters, twee stede, twee kontinente. Helena en Nicolene staan albei voor die uitdaging om 'n nuwe verblyfplek, 'n hartsplek vir hulle en hulle geliefdes te skep.

In Pretoria voel Helena aanvanklik verlate. Haar twee kinders en haar tweede man swerf in die buiteland, haar suster is met haar gesin in Amerika gevestig. En op haar beurt worstel Nicolene en haar man, Jannie, met die werklikhede van emigrasie. Almal moes dinge agterlaat en moet nou probeer om iets te behou van die mense wat hulle vroeër was. Almal vind egter ook nuwe dinge en nuwe mense waaraan hulle geheg kan raak.

Hierdie roman ondersoek die wydlopende uitwerking van verskillende soorte verhuisings op die verhoudings tussen mense. Dis 'n roman vir ons tyd; vir almal wat geliefdes in die buiteland het.

Die uitsonderlike stempel van Murray-Theron se werk is die fyn net van menslike verbande tussen sensitief getekende karakters. ln Verblyf span sy daardie net ver oor die wêreld en vertel met buitengewone insig van Suid-Afrikaners in die vreemde en van hul naasbestaandes in die vaderland.

View full details