Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781869192525 | Published: November 1, 2009 |

Prinsloo Versus

Prinsloo Versus

Regular price R 195
Regular price R 0 Sale price R 195
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Koos Prinsloo, wat in 1994 in die ouderdom van 37 jaar oorlede is, kan met reg as 'n James Dean van die Afrikaanse letterkunde beskou word: 'n ikoniese figuur wat te vinnig, te gevaarlik geleef en te vroeg gesterf het. Byna drie dekades ná die verskyning van sy eerste bundel en vyftien jaar ná sy dood, eggo sy stem steeds oor die grense van sy tyd en oeuvre heen - en dis in hierdie weerklank wat die toneelstuk Prinsloo versus gestalte vind.
Prinsloo versus is nie 'n elegie aan Koos nie, maar die postmoderne vergestalting van 'n persoonlike tragedie, uitgespeel op private en openbare; persoonlike en artistieke slagvelde. Dis 'n veelvlakkige collage oor 'n kunstenaar wie se lewe en werk kwalik met 'n suikerlagie bedek kon word; wat gerebelleer het teen 'n patriargale kultuur en 'n diep weersin in alle vorme van outoriteit getoon het.
Soos 'n briefskrywer in die Burger van 24 Oktober 2003 op die eerste vertoning van die stuk gereageer het: 'Ek kon nie anders as om te dink dat Koos, waar hy ook al is, met 'n sardoniese glimlaggie sit en kyk na dié stuk nie.'

OOR DIE OUTEUR
Adriaan Meyer se Prinsloo Versus is by 2004 se Klein Karoo Nasionale Kunstefees met 'n Jong Kanna vir Beste Prestasie in Studenteteater bekroon. Hy het 'n honneursgraad in Drama van die Universiteit van Stellenbosch en het reeds meer as twaalf verhoogproduksies op sy kerfstok.

Author Adriaan Meyer

View full details