Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781869193065 | Published: June 1, 2009 |

13 Klutse kwyt

13 Klutse kwyt

Regular price R 80
Regular price R 250 Sale price R 80
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Dr. Anton vertel self: 'In 13 klutse kwyt onthou ek 47 jaar en 14 betrekkings se werksituasies: verreweg die meeste daarvan interessant of komies of albei. Die soet, het ek aanvanklik gedink, behoort darem die bietjie suur te oorheers.
Maar die skryf hiervan het my 'n soeter les geleer: ek kon skielik insien dat die minder aangename toe te skryf was aan gefrustreerde kollegas wat deur die jare hulle werksdag gevrees het - iets wat die werksomgewing versuur het. En ek hoop dat ek uiteindelik die meeste van hulle met 'n sagter kwas geteer het.'

Dr. Anton Prinsloo het op 10-jarige leeftyd sy eerste stories in die kinderhoekie van die destydse koerant, Die Transvaler, gepubliseer en word sedertdien steeds deur taal betower. Hy het 13 betrekkings beklee voordat hy sy ideale werk by die SAUK as taaladviseur en omroeper raakgeloop het. Hy was onder meer voorsitter van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans en van die Komitee vir Taaladvies van die SAUK. Uit sy pen het ook verskyn Annerlike Afrikaans ('n woordeboek van kontreitaal), Feite, flaters, fiksie ('n versameling taaleienaardighede); Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom; 'n woordeboek van hedendaagse Omgangsafrikaans, Sleng, en was mede-outeur saam met prof. F.F. Odendal van 'n normerende woordeboek, Afrikaans op sy beste. Hy het ook as medeouteur aan die Supplement van die Etimologiewoordeboek van Afrikaans meegewerk. Sy werk is bekroon deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die FAK en die ATKV.

View full details