ISBN: 9781869193492 | Published: January 1, 2011 |
Oproep van die kabouters
Oproep van die kabouters
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Vier jaar na die verskyning van hul eerste kabouterboek, Die lewe en werke van kabouters, ontvang Rien Poortvliet en Wil Huygen 'n dringende boodskap uit Lapland:
Kom! Ons het ernstige sake om te bespreek! Die boodskap kan net van kabouters kom en die ysige winterweer ten spyt, laat die twee vriende nie die sneeu onder hul voete smelt nie.
Wat sou die kabouters wou bespreek? En hoe sal mense hulle kan help?
Saam met die outeurs word die leser weggevoer op 'n tog van meer as 3000 km oor land met 'n takbokslee, deur die lug in 'n reuseballon en oor die ysvelde van die Noordpool saam met 'n jeti tot die doel van die kabouters se dwingende oproep uiteindelik aan hulle openbaar word: Dat die mens die aarde gaandeweg verwoes en sal moet briek aandraai as hy hoegenaamd nog sy wonderlike leefwereld wil behou.
Author Wil Huygen
Share
