ISBN: 9781869193690 | Published: July 1, 2010 |
Oewerbestaan
Oewerbestaan
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
'n Groot aantal van die gedigte het te make met die landskap van die Noord-Kaap aan die oewers van die Oranjerivier waar die digter groot geword het. In die eerste afdeling word die tema "refleksies" ontgin en verwys na sowel die weerkaatsings van die lewe in dié droë, warm wêreld as na die besinning oor die betekenis wat die gebied en sy mense vir die digter ingehou het. In die afdeling 'om federico' is 'n aantal gedigte oor Spanje, waar die landskap sterk herinner aan dié van die Noord-Kaap, maar wat terselfdertyd ook onmiskenbaar die tekswêreld van die Spaanse digter Federico García Lorca oproep. In die afdeling 'gesigte' is daar gedigte oor visioene, onverwagse insigte en ook ontluistering, soos die gedig ''n beeld raak los' waarin een van die sementbeelde in die Uilhuis op Nieu-Bethesda afgetakel word tot net die skelet van bloudraad oorbly. Die laaste afdeling, 'inkdood', bevat gedigte oor dood en verval wat die digter met sy skryfwerk probeer besweer.
Author Melt Myburgh
Share
