Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781869193812 | Published: July 1, 2010 |

Die Otters op die Bosveldplaas 3

Die Otters op die Bosveldplaas 3

Author:Cor Dirks
Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Nie net is dit vakansie nie, maar die Otters kuier op Kassie hulle se plaas in die Bosveld. En soos ons nou al weet, is daar eenmaal nie vrede waar hierdie knape hul bevind nie. Sommer met die intrapslag loop dinge skeef: Daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter en bykans al die kuikens is weg. Litte is juis 'n man wat sentimenteel raak wanneer 'n paar vinkies uitgeroei moet word. Maar hoe verdink 'n Otter dan 'n mede-Otter?Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadjapies nie 'n alldaagse verskynsel nie en as hulle nie probeer om 'n luiperd uit 'n slagyster te red nie, raak hulle slaags met 'n enorme bobbejaan. Maar wie is die geheimsinnige man wat die Otters teister en hulle klere steel? As hulle skoolpelle, Helene en Magriet een middag verdwyn, lei alle spore na die wilde man in die bos. Sal die Otters betyds die twee vriendinne kan red.

Author Cor Dirks

View full details