ISBN: 9781869194369 | Published: September 1, 2011 | Paperback
Ruacana tot Rosh Pinah
Ruacana tot Rosh Pinah
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
In hierdie versameling vermaaklike rubrieke skryf Doc Immelman oor die wonderlike wêreld van kameeldorings, rooi duine, leeus, narras, mahangu, kampvure en biltong. Hy dink met heimwee terug aan die ou Suidwes, gee kosbare raad aan jagters, onthou sonderlinge karakters en besing die natuurskoon van Suidelike Afrika op treffende wyse. Aan humor skiet sy rubrieke nie tekort nie. Soos wanneer hy plaashekke dokumenteer en bevind dat die welbekende - en welgehate - konsertinahek, oftewel die smoelslaner, deur die duiwel geprakseer en deur Saddam Hoessein geïmplementeer is om die siele van goeie Christenmense te versondig.
Maar met baie dinge het Doc Immelman vrede. 'Net solank die jagseisoen in die winter open en die kabeljou volgende naweek begin loop.'
Author Doc Immelman
Share
