Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781869194512 | Published: May 1, 2012 |

Weerlig van die ongeloof

Weerlig van die ongeloof

Regular price R 160
Regular price R 0 Sale price R 160
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Johann de Lange, wat in 2011 die Hertzogprys vir poësie ontvang het vir sy bundel Die algebra van nood (2009), bevestig met hierdie bundel kwatryne sy meesterskap. Die bundel bestaan uit 100 kwatryne wat in ses afdelings verdeel is. Binne die klein bestek van vier reëls kry De Lange dit telkens reg om kort flitse – byna soos weerlig – van betekenis aan die leser oor te dra. Dit is haas onmoontlik om die groot verskeidenheid temas wat in hierdie gedigte aangeraak word, saam te vat. Daar is liefdesverse, verse oor voëls, plante, verwysings na ander skrywers wat wissel van die ou Grieke Theognis en Anakreon tot by Afrikaanse digters soos Joan Hambidge en Sheila Cussons, daar is kort besinnings oor verganklikheid en die tydloosheid van ’n by wat in amber gevang is, verlies en die dood. Bowenal demonstreer die digter hier op verbluffende wyse wat met die digtheid van digterlike taal vermag kan word:

View full details