ISBN: 9781869195212 | Published: August 8, 2011 | Paperback
Die wraak van Knor
Die wraak van Knor
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Worsies groei nie aan bome of iewers onder die grond nie. Worsies word gemaak van varke. Dit is nou eenmaal so. Hierdie boek gaan oor kampioenworsies. Dit gaan ook oor 'n vergete oupa, wat vroeer 'n slagter was, die liewe varkie Knor en die Worswedstryd van die Eeu. As jy nie van wors hou nie, moet jy liewer nie hierdie boek lees nie. En as jy wel van wors hou, eintlik ook nie. Of juis? Jy sien: Bette Babs kry op haar verjaardag 'n varkie van haar oupa. Sy noem hom Knor. Dit lyk miskien of Bette 'n oulike oupa het, maar het hy Knor vir haar gegee omdat hy wil inskryf vir die VVVVVV, die Vereniging Vir Vleisware Van Vars Varke, se worswedstryd?
Author Tosca Menten
Illustrator Elly Hees
Share
