ISBN: 9781869195403 | Published: September 1, 2011 |
Wat praat jy
Wat praat jy
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Wat praat jy! bevat meer as 20 000 Afrikaanse gesegdes, vaste uitdrukkings en idiome. Hierdie vaste uitdrukkings, gesegdes en idiome word met 'n eenvoudige voorbeeldsin verklaar.
- Dit word toegelig deur aan te dui van watter taal of uit watter bron die uitdrukking of woord afkomstig is (byvoorbeeld CJ Langenhoven of die Bybel)
- 'n Wonderlike naslaanwerk en heerlike leesboek
- 'n Moet vir elke taalliefhebber en aspirant skrywer.
Wat praat jy! is 'n besondere naslaanwerk. Johanna de Wet het na haar aftrede as onderwyseres in 1996 'n doktorsgraad in die psigo-pedagogiek behaal. Haar belangstelling in die Afrikaanse taal en geskiedenis het gelei tot die samestelling van 'n aantal boeke, waaronder die kinder-trilogie Dierestories, Heldestories en Afrikastories en Hoopstad se mense onthou met waardevolle herinneringe aan die geskiedenis en karakters van die dorp. Sy woon steeds op Hoopstad waar sy haar aan haar skryfwerk wy.
Author Johanna de Wet
Share
