ISBN: 9781869195489 | Published: March 1, 2012 |
Lyf onthou
Lyf onthou
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
In hierdie bundel kortverhale kom die liefde, erotiek en seks ter sprake op 'n wyse wat nog selde in Afrikaans gedoen is. Onder die skynbaar alledaagse in hierdie verhale kom sadomasochisme, buite-egtelike verhoudings, seksuele teistering en ander verhoudingsvraagstukke voor; kwessies wat skaars in 'goeie geselskap' bespreek word, word as 't ware van binne uit deur die karakters beleef. Baie dikwels skakel die karakters met mekaar: Iemand wat 'n terloopse verskyning in een verhaal maak, tree as verteller in 'n volgende verhaal op. Op hierdie wyse slaag die skryfster daarin om die kontras tussen die verskuilde verlangens en begeertes van veral vroue en hulle openbare persoonlikheid bloot te lê. 'n Bekwame joernalis word ontbloot as 'n oorwerkte, ooreiste eggenoot, kind en ma; in 'n skynbaar gelukkige huwelik beleef die vrou frustrasie omdat haar man meer in kos as in haar belangstel; vrees dat 'n gestremde kind by die skool geteister word, bring spanning in die huwelik van 'n pastorie-egpaar mee.
Author Riette Rust
Share
