ISBN: 9781869196905 | Published: March 1, 2012 |
Amper elders
Amper elders
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Hierdie bundel het nie verniet die subtitel ''n Reisjoernaal' nie, want hier word poëties verslag gedoen van 'n reis na Europa. Byna soos in 'n dagboek word die voorbereidings, die heen- en terugvlugte, die besoek aan vier lande en die afloop van die reis aan die leser voorgehou.
Die verslag bestaan egter nie net oor beskrywings van toeriste-aantreklikhede nie, maar sluit ook boeiende interaksies met die inwoners van die ooste van Engeland, Vlaandere, Nederland en Tsjeggië in. Die verteller is deurentyd bewus van die lae van die geskiedenis oor hierdie plekke en die neerslag wat dit in verskillende kunsvorme gevind het.
Nuus uit Suid-Afrika staan dikwels ook in ironiese kontras met wat die reisigers in die vreemde ervaar. Duiwe vorm 'n deurlopende motief: Die enigmatiese figuur van die duiwedanser stuur die verteller en sy reisgenoot weg, maar hulle weet dat hulle soos die duif wat Noag uitgestuur het, weer sal terugkeer. Aan die einde van die bundel neem die duiwedanser 'n onheilspellende gedaante aan, en die verteller besin oor die ligtheid en kortstondige vreugde van die reis, soos 'n donsveer wat in die wolke weggeblaas word.
Author Louis Esterhuizen
Share
