ISBN: 9781869197667 | Published: November 1, 2012 |
Vol draadwerk
Vol draadwerk
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Vol draadwerk is die bekroonde digter Marius Crous se derde digbundel. Die temas in hierdie bundel sluit deels aan by temas uit sy vorige bundels, maar daar is ook heelwat nuwe onderwerpe. Die gedigte oor musiek, die skilderkuns en die letterkunde in afdelings I ('Chora') en IV toon weer eens Crous se vernuf in die ontginning van intertekste, terwyl die homoërotiese gedigte in afdeling VI voortbou op dié tema in sy tweede bundel. Nuut is die benutting van verhale uit die klassieke Griekse mitologie in afdeling II. Crous beklemtoon dikwels die grusame en makabere in dié verhale, soos in 'Eumaios', die gedig oor die varkoppasser en vriend van Odusseus, en 'Antinoös', wat handel oor een van Penelopeia se vryers, waardeur die soms oorgeromantiseerde voorstellings van die Odusseus-verhaal ontluister word. Dieselfde ontluistering vind 'n mens ook in die afdeling 'Aufhebung', waar dit ideologieë en godsdienstige oortuigings is wat onder Crous se satiriese tong deurloop. Van die mooiste verse in die bundel kom uit die derde afdeling oor die Oos-Kaap, en toon Crous 'n ander, meer genadige sy met reëls soos dié:
'n sprinkelreën sak uit oor die tuin
en skielik word die plante
flukse vroue wat begin blomme uitdeel
Inderdaad 'n bundel vol draadwerk wat soms onverwagte kinkels maak.
Author Marius Crous
Share
