ISBN: 9781869197698 | Published: May 1, 2013 |
Agent Alex - Visvang verbode!
Agent Alex - Visvang verbode!
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Spioenkop Akademie is 'n eksklusiewe skool vir seuns en meisies van ouderdomme 8 tot 18. Al die leerders in hierdie skool se ouers of voogde is op 'n manier betrokke by die Geheime Diens. Spioene en geheime agente stuur graag hul kinders na Spioenkop Akademie, want hulle weet die kinders is hier veilig teen enige bedreiging. As die Geheime Diens hulp nodig het van die jongelinge vir een van hul geheime sendings of as een van die skorriemorries van daardie verfoeilike organisasie, die Pioniers van Onderduimsheid en Vernietiging (POEV), probeer om die skool oor te neem of een van die onderwysers ontvoer, sal die leerders gereed wees.
Die verfoeilike POEV-organisasie het 'n geheime basis onder die visdam by Alex se skool ingerig en bied nou kammakastig visvanglesse aan om inligting te versamel!
Alex en sy vriende ruik sommer dadelik rot (of eerder: vis!) - maar kan hulle 'n plan beraam om POEV se geheime sending in die wiele te ry?!
Die derde boek in die vermaaklike Agent Alex-reeks.
Author Justin Richards
Share
