Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781869198077 | Published: December 1, 2012 |

In die afwesigheid van sin

In die afwesigheid van sin

Regular price R 60
Regular price R 210 Sale price R 60
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

In haar debuutdigbundel bied Susan Smith 'n vroulike perspektief op die rol wat taal in die lewe van ''n onbelangrike mens' speel. Hierdie besinnings word egter nie in abstrakte terme oorgedra nie, maar word gedra deur verse oor die band tussen familielede, die weerloosheid van vroue teen misdaad, dood en ouderdom, die geborgenheid wat 'n huis kan bied en die sosiale werklikhede van ons tyd.
Die hele bundel staan in die gees van die motto, 'n aanhaling van Erica Jong, 'Since flesh can't stay, we pass the words along'. Die oorlewer van woorde van een geslag na die volgende in verskillende vorme kom ter sprake: benoeming, naamgewing, vertelling, liedjies en rympies, instruksies soos resepte en breipatrone ('in skilferdeeg toegevou', gewone, alledaagse kommunikasie ('telefoonboekie') en hiperteks. Naas verwondering oor die vermoë van taal, is daar ook verse oor die beperkinge en verlies van taal ('afasie'), en die taal van verlies ('terwyl ek besig was'). In verse soos 'Quinera' en 'karoo-narratief' word getoon hoe taal herinnering en kultuurgoedere bestendig. In die derde afdeling 'muur', word eietydse kommunikasiewyses met selfone, die internet en foto's aangeraak, en in afdeling IV, 'versin', word die leser bewus gemaak van die mag van woorde om ook dit wat nie werklik bestaan nie, te kan oproep.
in die afwesigheid van sin is 'n heg gekonstrueerde bundel wat op byna terloopse wyse die belangrike plek van taal in die gewone lewe ondersoek.

Author Susan Smith

View full details