Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781869198510 | Published: January 1, 2013 |

Roald Dahl se Vreeslike versies

Roald Dahl se Vreeslike versies

Author:Roald Dahl
Regular price R 160
Regular price R 0 Sale price R 160
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Roald Dahl se Vreeslike versies is 'n versameling van ses omdigtings van ou bekende sprokies wat reeds in 1982 in die oorspronklike Engels verskyn het en sedertdien verskeie herdrukke en vertalings beleef het. Francois Bloemhof het die versies in prettige Afrikaans vertaal en plek-plek 'n onnutsige plaaslike kleur gegee. Sneeuwitjie ryloop byvoorbeeld van Durban af om die pratende spieël te gaan steel uit die paleis, maar die koningin kom dit glad nie agter nie, want sy is verdiep in 'n Huisgenoot-storie oor 'n dooie kindjie! 'Aspoestertjie', 'Jan en die boontjierank', 'Gouelokkies', 'Rooikappie' en 'Die drie varkies' is die ander sprokies wat oorvertel (en soms lekker verdraai word). In plaas daarvan om op die jagter te wag om haar te red, neem Rooikappie byvoorbeeld sommer sake in eie hande:
Rooikappie glimlag en sy buk
om 'n rewolwer uit te ruk,
waarmee sy mik na Wolfie en
sy skiet hom morsdood, bêng-bêng-bêng.

Nog talle ander verrassings wag op die lesers van dié weergawe van die bekende sprokies!

Author Roald Dahl

View full details