Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781869198978 | Published: April 1, 2013 |

Voetspore: Agulhas tot Alexandrië

Voetspore: Agulhas tot Alexandrië

Regular price R 360
Regular price R 0 Sale price R 360
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Die ervare avonturier, televisiepersoonlikheid en -vervaardiger Johan Badenhorst en sy Voetsporespan vind voortdurend nuwe, unieke paaie en plekke in Afrika om te verken - met toenemende vernuf. Voetspore: Agulhas tot Alexandrië is 'n kleurvolle en hoogs interessante dokumentasie van hul sewende reis deur hierdie ongenaakbare dog asemrowende kontinent.

By Kaap Agulhas trek die sesledige Voetsporespan met 4x4's weg vir 'n drie maande lange reis tot by Alexandrië. Dié onvergeetlike reis neem hulle deur Suid-Afrika, Lesotho, Mosambiek, Zambië, Tanzanië, Rwanda, Uganda, Kenia, Ethiopië, Soedan en Egipte.

Hierdie is Johan se dagboek waarin hy verslag doen van 'n reis van 20 000 km deur die ooste van Afrika. Dit is 'n plakboek propvol asemrowende foto's deur Gideon du Preez Swart, kaarte en nuttige inligting vir beide die geslepe sowel as aspirantreisiger.

View full details