ISBN: 9781869199418 | Published: August 1, 2013 |
Reinaard die vos
Reinaard die vos
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Reinaard die vos is 'n unieke skelmroman wat miljoene lesers oor die hele wêreld al meer as 700 jaar boei. Dit is een van die beroemdste boeke uit die Middelnederlandse literatuur. Henri van Daele het hierdie klassieke werk herskryf.
Reinaard die vos is een van die boeiendste Middelnederlandse tekste wat behoue gebly het. Dit is in Vlaandere geskryf rondom 1260. In meer as een opsig is dit 'n merkwaardige boek.
Ons weet byvoorbeeld van die skrywer niks meer nie as dat hy Willem is 'wat Madoc gemaak het'. (Madoc moet 'n ander boek deur Willem wees, maar dit het verlore gegaan.) Merkwaardig is ook dat Reinaard die vos wegbreek van die tradisie van die ou fabels of diereverhale. Willem van Madoc se vosverhaal is 'n bytende satire op die destydse politieke, sosiale en godsdienstige (wan)toestande. Die dinge wat deur Willem aan die kaak gestel word, is inderwaarheid vandag nog deel van ons samelewing. In ongeveer 1375 verskyn uit die pen van 'n onbekende skrywer 'n vervolg op Willem se Reinaard as Reinaard se geskiedenis.
Henri van Daele het hierdie twee Middelnederlandse rymende eposse naatloos aanmekaargelas en dit in soepel prosa herskryf.
Author Henri van Daele
Illustrator Klaas Verplancke
Share
