ISBN: 9781869199494 | Published: July 1, 2013 |
Deelstad: 'n boek oor Berlyn
Deelstad: 'n boek oor Berlyn
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
In hierdie boek doen Karel Schoeman verslag van 'n lang besoek aan Berlyn gedurende 2008 wat in 2010 en 2011 met korter besoeke opgevolg is. Afgesien van inligting oor die nuwe, herboude en verenigde Berlyn ná die val van die Muur in 1989, verskaf die boek ook waardevolle kennis oor die geskiedenis van Berlyn. Dié geskiedenis loop baie nou saam met die ontwikkeling van die staat Pruise, die Eerste Wêreldoorlog, die opkoms van Nazisme, die konsentrasiekampe naby die stad en die gruwels van die Tweede Wêreldoorlog. Daar word ook uitgewei oor die bloeityd van die kabaret en film in die tyd tussen die oorloë en na die verdeling van die stad in Oos- en Wes-Berlyn ná die Tweede Wêreldoorlog. In Schoeman se eie woorde:
''n Verdeelde en gefragmenteerde stad, nog altyd, en nie slegs as gevolg van die ongelukkige Duitse en Europese verlede nie, maar op 'n meer wesenlike wyse, omdat dit sy besondere aard is om fragmentaries te wees: 'n stad van los dele-'n deelstad, sou ek dit gerieflikheidshalwe wil noem, alhoewel dit natuurlik korrekter sou wees om van deelstéde te praat, losstaande onderdele van 'n groter geheel.
'Dog dit is juis deurdat dit so gefragmenteerd is, dat Berlyn terselfdertyd ook so veelvlakkig en ryk geskakeerd kan wees. En waarskynlik is dit juis wat Berlyn so interessant, so opwindend en so stimulerend maak.'
Author Karel Schoeman
Share
