Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781869199517 | Published: July 1, 2013 |

Plein en simpel: 'n Duiwestorie

Plein en simpel: 'n Duiwestorie

Regular price R 80
Regular price R 220 Sale price R 80
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Hulle is so deel van enige stadsplein soos toeriste met kameras en statige standbeelde van volkshelde: duiwe in elke skakering van grys. Pretoria se Kerkplein is geen uitsondering - hoewel die duiwe wat elke oggend op Oom Paul se kop en skouers vergader, nie gewone kossoekers of verveelde sonbaaiers nie. Kerkplein se duifbevolking is 'n groep besorgdes wat bereid is om tot die laaste penveer vir Kerkplein as duiftuiste te veg.

Wanneer die prokureursfirma Plein & Simpel vorendag kom met planne om Kerkplein se historiese Wesfasade in 'n parkeerterrein te omskep, en daar terselfdertyd uit bewaringskringe stemme opklink dat duiwe-excreta die historiese geboue beskadig, word die Duiwerepubliek van alle kante bedreig. Skielik lyk indringer-mynas na die minste van hulle probleme - en moet die lede van KOER (Ken Ons Eie Roeping) kragte saamsnoer om die metroraad, die media en moderniseerders hok te slaan.

View full details