ISBN: 9781869199678 | Published: August 1, 2013 | Paperback
Dubbelfoto
Dubbelfoto
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Dubbelfoto is 'n versameling verhale wat 'n familiegeskiedenis uitbeeld. Die vertelling bestryk sowat 'n eeu - dit begin op 'n plaas in die Kamdeboo en eindig in die stad. Daar is deurlopende motiewe - soos die bentwood-stoel, blonde seuntjie, driewiel en veral die familiefoto's. In die kernverhaal van die bundel, 'Die kind', tree die fotograaf as alter ego van die skrywer op: 'Dit wat hy gesien het, dit wat hy gehoor het, dit wat hy ervaar het, dit wat hy vermoed - soos die klein ontploffende flitse van sy kamera kom die beelde in sy brein op en dryf dit hom.'
Die styl wissel van ernstig tot komies, wat bydra tot die kaleidoskopiese indruk wat die bundel maak. Ook die vertelperspektief wissel tussen die verhale - en soms word dieselfde storie uit verskillende oogpunte vertel. Dit skep 'n boeiende leeservaring, ook omdat die verhale nie hulle geheime al te maklik prysgee nie. Cas Wepener se Dubbelfoto is 'n glansende toevoeging tot die kortverhaalskat in Afrikaans.
Author Cas Wepener
Share
