ISBN: 9781869199920 | Published: August 1, 2014 |
Lillie die heksie en die geheime stad Atlantis
Lillie die heksie en die geheime stad Atlantis
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Lillie is baie opgewonde wanneer sy op 'n towerspreuk afkom wat die sogenaamde Orfeustrap laat verskyn. Nuuskierig soos onse Lillie nou eenmaal is, land sy met behulp van die trap in die onderwater-wonderwêreld van die geheime stad Atlantis. Skaars aangekom, word sy deur 'n parmantige waterskilpad opgekommandeer om die inwoners van Atlantis, die Astroneute, uit hul lewensgevaarlike verknorsing te red. Lillie laat nie op haar wag nie, en pak die bul by die horings ... Of is dit nou 'n reuseseekat by die arms? Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie!
Author Knister
Share
