ISBN: 9781874969280 | Published: November 18, 2018 | Paperback
Hakata
Hakata
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
'n Groot droogte bedreig alle lewe in die ryk van Mapungubwe, wat strek van Toutswemogale in die weste tot by Tshitaka-tsha-Makoleni in die ooste. Daar word wyd bespiegel oor die redes vir dié straf: Het dit te make met die uitmoor van al die prinse deur die heerser, die Mambo? Of heers die verskriklike droogte juis omdat een prins, nou nog 'n blote kind, die slagting oorleef het? Intussen word daar ook nog saamgesweer om die dinastie van die Mambo totaal uit te wis deur Ngwenya, die Groot Krokodil van Mapela, en om die stad op die Mapungubwe-koppie te vernietig. Maar die matriarge van die Soutpansberg het hul eie planne en hul eie middele om die kroonprins te beskerm en die oorlewing van die dinastie te verseker, al kan die stad nie gered word nie.
In Hakata word bespiegel oor die moontlike redes vir die val van Mapungubwe, gebaseer op historiese en argeologiese gegewens. Dit word subtiel vervleg met teorieë oor klimaatsverandering, die uitwissing van olifante vir die ivoorhandel, en die verandering van handelsroetes aan die ooskus van Afrika, wat daartoe kon lei dat die heersersklas van Mapungubwe na Groot Zimbabwe verskuif het. So kom 'n boeiende en verwikkelde verhaal tot stand wat 'n unieke blik gee op die geheimsinnige stad in die noordelike deel van Suid-Afrika.
Author Ernst van Graan
Share
