Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781919825441 | Published: November 20, 2024 | Hardcover

Ontsluier die heelal

Ontsluier die heelal

Regular price R 450
Regular price R 0 Sale price R 450
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Van Zyl het buitengewone sukses behaal met Unveiling the Universeen dit word steeds internasionaal as een van die gesaghebbendste werke op dié gebied erken. Die omvangrykeOntsluier die heelalis tans die enigste Afrikaanse sterrekundeboek en is sedert die Engelse uitgawe deeglik hersien en op datum gebring, byvoorbeeld deur insluiting van bevindings van die Hubble-ruimteteleskoop sowel as dié van satelliete soos die Hipparchos.

Van Zyl se doelstelling met hierdie publikasie is om die beginsels van sterrekunde toeganklik te maak vir almal, om 'n teks daar te stel wat bruikbare toeligting vir die amateursterrekundige is en kan dien as voorbereiding vir verdere studie in die sterrekunde. Van Zyl se eenvoudige, onderhoudende skryfstyl dra verder by tot die boek se toeganklikheid vir sterrekundiges sowel as leke met 'n besondere belangstelling in die heelal. Deurgaans word gepoog om te verduidelik hoe sterrekundiges te werk gaan. Om begrip te vergemaklik, verskyn ook 11 bladsye bylaes waarin die wiskunde wat gebruik word uit grondbeginsels herlei word. Dit bevat gedetailleerde beskrywings en verduidelikings van die heelal se geheime. Inligting oor nuwe ontdekkings en teorieë,kleurvolle diagramme en foto's verhoog die waarde.

Author J E van Zyl

View full details