Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781920188474 | Published: August 1, 2014 |

Die Bom

Die Bom

Regular price R 795
Regular price R 0 Sale price R 795
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Oor Suid-Afrika se Bom is jare lank gegis.
Ses en 'n halwe kernbomme is in die geheim gemaak en vernietig, is in 1993 onthul. Geen ander land het dít nog vrywillig gedoen nie.
Nic von Wielligh was sedert 1975 betrokke by die produksie van kernwapenmateriaal, die aftakeling van die kernwapens en bewyse van Suid-Afrika se bona fides aan die internasionale gemeenskap. Sy verslag daaroor is die volledigste en mees professionele een wat hulle nog ontvang het, het die IAEA verklaar.
Die kernfisikus skryf hier saam met sy dogter, Lydia von Wielligh-Steyn, oor atome en hul moontlikhede, baanbrekers, uraanverryking, die kernwedloop en Suid-Afrika se optrede. Dis 'n verhaal van kernontploffings, spioenasie, kernsmokkelaars en swaarde wat ploegskare geword het.
. . . sover die enigste omvattende werk oor Suid-Afrika se aandeel in hierdie geskiedkundige onderwerp wat tot 'n maklik leesbare verhaal omskep is.
- Prof. Waldo Waldo Stumpf, voorheen hoofuitvoerende beampte, AEK

View full details