Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781920217365 | Published: April 1, 2013 |

Fynbos - Ekologie en Bestuur

Fynbos - Ekologie en Bestuur

Regular price R 350
Regular price Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Die fynbosstreek is een van die skouspelagtigste uiteenlopende plekke op Aarde. Dit is nie 'n ligtelike bewering nie. Wanneer mens die verskeidenheid insekte asook vars- en seewaterspesies wat ook met die Kaap assosieer is, in aanmerking neem, mag hierdie brandpunt een van die warmste ter wêreld wees.

Dit is verwarrend uiteenlopend, met 'n verskeidenheid kleinskaalhabitats, van vleilande in die laagtes tot sypelings in die berge en unieke grond-, voedings-, aspek- en reënvaltoestande, wat almal saamspan om hierdie verskeidenheid te onderhou en te dryf. Fynbos is 'n plantegroeitipe wat by vuur aangepas is (net soos grasvelde en savannes), en benodig vuur om voort te bestaan: sonder vuur sal die plantegroei te dig raak en verouder, bome sal daarin slaag om die stelsel binne te dring en te oorheers, en mettertyd sal kosbare voedingstowwe wat deur vuur vrygestel word en waarvan die stelsel afhanklik is om te verjong, nie meer beskikbaar wees nie.

Hierdie boek is 'n gids om besoekers, inwoners, bestuurders of eienaars van grond in die Fynbosbioom te help om dié uitsonderlike rykdom te waardeer en te bestuur.


Formaat: 240 x 210 mm
Bladsye: 262
Sagteband, meer as 250 volkleurfoto's


DIE REDAKTEURS: Karen J. Esler is professor in die Departement Bewaringsekologie & Entomologie, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika.

Shirley M. Pierce, PhD, is 'n plantekoloog en wetenskap-kommunikasiekonsultant.

Charl de Villiers is 'n omgewingskonsultant met 'n ywerige belangstelling in biodiversiteit en ekostelsel-gebaseerde bestuur.

View full details