ISBN: 9781920217594 | Published: November 1, 2016 |
Gids tot die eienskappe en gebruike van Suider-Afrikaanse Hout
Gids tot die eienskappe en gebruike van Suider-Afrikaanse Hout
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Die Suider-Afrikaanse subkontinent is besonder ryk aan inheemse boomspesies (sowat 2100) wat in grootte wissel van struikagtiges tot oeroue, hooggroeiende reuse. Baie van die boomspesies en die natuurlike omgewing waarin hulle voorkom, is al deeglik bestudeer en gedokumenteer in vele algemene beskikbare publikasies.
Inligting oor hulle hout is egter beperk en nie maklik toeganklik vir die algemene publiek nie. Hierdie boek bevat inligting oor die houtkenmerke en houteienskappe van 140 Suider-Afrikaanse houtsoorte (134 inheemse en ses uitheemse spesies).
Verskaf inligting oor historiese gebruike, waar bome groei, beskikbaarheid en volhoubaarheid van die hout en die praktiese aspekte van oes en verwerking.
Uitstekende kwaliteit teks en uitstekende reproduksie en drukwerk.
Die enigste kommersieel beskikbare boek wat fokus op die eienskappe van Suider-Afrikaanse hout, geskryf in 'n styl wat byval sal vind op 'n wye gehoor: professionele houtwerkers, ontwerpers, argitekte, houthandelaars en houtversamelaars, plantkundiges en almal wat belangstel in bome en hout. .
'n Moet-hê vir almal wat hout en bome liefhet!
Share
