Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781920217709 | Published: March 1, 2017 |

Bome van plek tot plek in die Nasionale Krugerwildtuin

Bome van plek tot plek in die Nasionale Krugerwildtuin

Regular price R 295
Regular price R 0 Sale price R 295
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

'Ek wonder watter boom dit is' - as hierdie gedagte ooit in die Krugerwildtuin by jou opgekom het, is hierdie boek vir jou bedoel.

Hierdie boek handel oor bome en is saamgestel rondom plekke in die Krugerwildtuin. Dit beskryf 51 spesies bome in ruskampe en piekniekplekke.
Wanneer jy in 'n ruskamp, by 'n piekniek of uiykykplek kom, sal die boek jou aandag vestig op merkwaardige of interessante bome wat jy daar kan vind. Die kaart aan die linkerkant van elke titelblad dui aan in watter deel van die Krugerpark die boom is - die suidelike, sentrale of noordelike streek.

Dit is eers wanneer jy die wonderlikheid van die veld sien en waardeer, wat jy wens jy het meer geweet van die bome wat gesien kan word. Hierdie boek is 'n pragtige en handige reisgenoot wat jou bekend sal stel aan die eienskappe van spesifieke bome. Dit vergesel jou op jou reis van stopplek na piekniekplek na ruskamp.

Meer as 220 pragtige foto's in volkleur, gebruikersvriendelike beskrywings van 51 spesies en spesiale anekdotes bied die leser interessante algemene kennis asook insig in die geskiedenis van die Park.

View full details