ISBN: 9781920335755 | Published: April 24, 2019 | Soft Cover
Stukkie van die legkaart
Stukkie van die legkaart
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Dr. Rina Venter is die eerste en laaste vrou wat voor 1994 in ʼn Suid-Afrikaanse kabinet gedien het. As Minister van Gesondheid en Welsynsdienste onder mnr. F.W. de Klerk bevind sy haar in die politieke en maatskaplike binnekring tydens die oorgang van apartheid na demokrasie. Vyf en twintig en meer jare later is hierdie boek egter nie 'n gewone “skinder-en-vertel-verhaal” oor wat agter die skerms plaasgevind het nie. Dit handel in werklikheid oor die Afrikaner se opkoms en “ondergang” tussen 1938 en 1994. Dr. Venter skryf oor kinderjare waarin die spanning tussen “Nat” en “Sap” in eie familie ervaar word; oor haar lewe as jong maatskaplike werker wat eerstehands die meedoënlose uitwerking van die skadukant van apartheid op gewone gesinne beleef; en as opgeleide sosioloog beskryf sy met gesag die Afrikaner-establishment en die “nodes van mag” wat die samelewing na hul beeld probeer vorm. Maar sy beskryf en ontleed ook die rol van Afrikaanse vroueorganisasies en hoe swart vroue, veral gedurende die noodtoestand in die 1980's, na hulle uitreik om omstandighede in die swart woonbuurte te help stabiliseer en “hul kinders te help red”. Dit is 'n geskiedenis wat nog nie voorheen met soveel insig beskryf is nie.
Author Rina Venter
Share
