Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781920335847 | Published: October 12, 2020 | Paperback

Vertel da' vir my 'n storie van Namakwaland

Vertel da' vir my 'n storie van Namakwaland

Regular price R 240
Regular price R 0 Sale price R 240
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

In 'n afgeleë dorpie aan die voet van die Kamiesberg, doer in Namakwaland, weet almal min of meer van almal. Plaasmense en dorpenaars is gereeld met mekaar in aanraking en saans op die stoepe word daar lang stories vertel.

Oor veldmense soos oom Vlerkie; oorbegeesterde predikers, towenaars, kragmanne en cowboys; oom Addie-kraai se verblyf by sy ondankbare kinders; Wagter, wat mos universiteit toe is; Kerneels-beursiebek, sterk soos 'n reus, maar met die gees van 'n kind; Gert-waarheid en dié se nuwerwetse siekte; Niklaas en die duiwel; oom Korte en die bobbejaan; Koos-kordaat en Sarel-uintjie en 'n vreemde orakelding in 'n kas; Anna-twaalftoon; Rooi Gys Aggenbach; Siena-swaaihaak; tant Huibrecht-Gert ... Goeie mense, gelowig, sout van die aarde.

Lank voor TV, toe koerante oud was en die platteland nog net kortgolfradio gehad het wat kraak, kwetter en suis, was nuus meestal op
hoorsê aangewys en die stories van baasvertellers só met karakters vervleg: Vertel jy van die een, dan dwaal jy op die ander.

View full details