ISBN: 9781920460266 | Published: January 1, 2012 |
Jesus is die een
Jesus is die een
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Die "Emerging Church" is die gonswoord in die teologiese wêreld vandag. Die kerk moet - volgens die voorstanders van hierdie rigting - die evangeliese boodskap van die Bybel so aanpas dat dit in die behoeftes van die postmoderne mens voorsien. Die skrywer tree nugter en tog ferm met denkers uit hierdie oord in gesprek. Hy vind sy uitgangspunt in die waarhede van die Bybel, toets daarna die sienswyses van die emergent-skrywers hieraan en vra eindelik wat ons in die lig van die Skrif moet doen om die mens van die derde millennium in die kerk van Jesus Christus sy regmatige plek te laat inneem. Vir elkeen wat by vandag se gesprek oor die boodskap van die Bybel wil bybly - teoloë en belangstellende lidmate - is hierdie boek 'n moet.
Author Johan Janse van Rensburg
Share
