ISBN: 9781920558307 | Published: May 1, 2016 |
Wiskundige Geletterdheid 3 in 1 Graad 11
Wiskundige Geletterdheid 3 in 1 Graad 11
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Hierdie 3 in 1 studiegids bied 'n gegronde oorgang tussen die basiese konsepte wat in Graad 10 Wiskundige Geletterdheid behandel is en die vaardighede wat nodig is vir die Graad 11-eindeksamen.
Dit bevat:
Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde in al 7 onderwerpe
Oefeninge en 'Toets jou Begrippe' vir elke onderwerp
Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & nuttige wenke
Hierdie boek is volgepak met inhoud, toepassings en assessering en sal tuis en in die klaskamer baie goed gebruik kan word. 'n Toeganklike, logiese benadering maak die leerervaring makliker. Die rangskikking en aanbieding van die materiaal gekombineer met verduidelikende notas, motiveer leerders om hul vaardigheid in hierdie kernvak te verbeter.
Die uitgebreide reeks vrae fokus daarop om vaardighede te ontwikkel om wiskundige probleme in die werklike lewe, binne die raamwerk van die KABV-kurrikulum, aan te pak. Leerders word toegerus om uitdagende vrae met selfvertroue en insig te benader.
Al verskil hul vermoëns en leerstyle, sal alle Graad 11-leerders hierdie boek as 'n treffer ervaar.
Share
