ISBN: 9781920593193 | Published: January 1, 2015 |
Kom Speel en Leer Bybel
Kom Speel en Leer Bybel
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Hierdie unieke interaktiewe kleurvol geïllustreerde storieboek Bybel wil met die hulp van twee kinderkarakters, Sammy en Amy, kinders tussen die ouderdom 7- 10 jaar help om 'binne in die Bybel te klim' asof hulle self daar saam met die Bybelkarakters is. Op hierdie verbeeldingryke manier sal kinders ontdek hoe relevant die Bybel vandag nog vir hulle lewens is, hoe sinvol geloof is én hoe wonderlik dit is om 'n kind van God te wees.
Die konsep vir hierdie Bybel is gebaseer op die volgende:
1. Kinders tussen die ouderdomme van 7 en 10 jaar leer die beste deur doen. Alle kinders leer die beste deur te speel.
2. Kinders leer op verskillende maniere - volgens hulle temperament tipe.
3. Kinders leer deur positiewe toepassing en herhaling.
Aktiwiteite in Kom Speel & Leer Bybel:
Soek en Leer
Vind die Bybel Daar is 'n Bybel wat in elke Bybelverhaal se illustrasie versteek is. Daar is ook 'n tema wat die Bybelse beginsel in die storie
beklemtoon. Die illustrasies is so geskep dat dit die kind ure se pret en plesier verskaf soos hulle elke keer nuwe details raaksien.
Onthou die Bybel storie
Hierdie aktiwiteit help die kind om dit wat hulle gelees het in die Bybelstorie te verwoord. Dit help hulle ook om die emosies van diegene in die Bybelstorie uit te druk. Dit beklemtoon weereens die Bybelse beginsel d.m.v. die storie oorgedra wil word aan die kind.
Gebed
Daar is 'n gebed wat die kind bid. Dit help hulle om te verbind met God en met God te praat oor wat hulle ontdek en geleer het uit die Bybelstorie.
Pret aktiwiteite
Laastens is daar 'n paar pret aktiwiteite. Dit is alles daarop ingestel om die Bybelse beginsel te versterk. Die kind word aangemoedig om met ander te deel wat hulle geleer het. Die hoofdoel is om uiteindelik om die kind nader aan God te lei.
Author Ewald van Rensburg
Illustrator Magriet Brink
Share
