ISBN: 9781920601249 | Published: April 25, 2013 | Paperback
Dwelmslagoffer
Dwelmslagoffer
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Die 21-jarige Vanessa Goosen, ʼn finalis in die Mej. S.A.-kompetisie en op die drumpel van ʼn groot deurbraak in haar model-loopbaan, word vasgevang in enige reisiger se ergste nagmerrie. Sy word mislei om boeke waarin 1.7 kilogram heroïen versteek is, vir iemand uit Thailand saam te bring, maar word gearresteer vir dwelmhandel.
Die Thaise owerhede steur hulle min aan haar pleidooie van onskuld, en lê haar die doodsvonnis op. Na appèl word dit verminder na lewenslange tronkstraf in Bangkok se berugte Lard Yao.
Swanger, vreesbevange, desperaat en alleen begin Goosen se reis van sestien jaar agter tralies. Drie jaar later word sy gedwing om afskeid te neem van haar geliefde dogtertjie. Goosen se verhaal vertel van die vreugde en verlies van moederskap in aanhouding, depressie weens langtermyn-aanhouding en die gedwonge skeiding van geliefdes, en haar terugkeer in 2010 na 'n Suid-Afrika wat sy byna nie herken nie.
Author Joanne Joseph
Author Vanessa Goosen
Share
