Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781920608910 | Published: November 1, 2017 | Paperback

Mafeking-pad

Mafeking-pad

Illustrator:Fred Mouton
Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Sestig jaar na Herman Charles Bosman se dood het die eerste Afrikaanse bundel Oom Schalk Lourens-stories verskyn (In die withaak se skadu, Suiderkruis Boeke, 2011). Dit is besonder goed ontvang, en het gunstige kommentaar ontlok van skrywers soos Andre P. Brink, P.G. du Plessis, Pieter Fourie en Paul C. Venter. Die jaar daarna het 'n Bekkersdalmarathon en ander Voorkamerstories (Suiderkruis Boeke, 2012) die lig gesien, wat sowat die helfte van Bosman se bekende stories oor Jurie Steyn se plaasposkantoor bevat. Dit was die eerste Bosman-bundel wat deur Fred Mouton geillustreer is. Die oorweldigend positiewe terugvoer oor die Bosman/Moutonkombinasie het dit voor die hand liggend gemaak dat Fred ook oom Schalk se stories onder hande moet neem. Mafeking-pad kombineer dus vir die eerste keer Bosman se gewildste verhale - wat van 1947 af nog nooit uit druk uit was nie - met Fred Mouton se kenmerkende styl. Die resultaat is eg Afrikaanse lekkerte!

Author Herman Charles Bosman

Illustrator Fred Mouton

View full details