ISBN: 9781920654542 | Published: June 13, 2014 | Paperback
Wat sê die prokureur
Wat sê die prokureur
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Die afgelope 21 jaar lank bemagtig Igna Klynsmith luisteraars deur sy RSG-program Regsake met kundige raad en praktiese insig oor regsake wat elkeen raak. Na aanleiding van die groot reaksie op sy program het hy en sy spesialisgaste 'n bruikbare bundel saamgestel wat praktiese regsadvies bied. Dit bevat 'n keur uit regsake van algemene belang asook hofsake wat die wêreld laat regop sit het. Wat sê die prokureur? wil jou as leser bemagtig met deskundige advies sodat jy ingelig is en weet waar om hulp te kry. Igna bring jou selfs tot binne die hofsale waar opspraakwekkende sake afspeel: gifmoordenaresse, Nuremberg, Nelson Mandela en Rivonia, 'n hofsaak teen kewers ...Dit is min dat 'n mens so 'n bundel teekom waarin kenners saamspan om die reg vir jou verstaanbaar te maak, maar sonder om tegniese kundigheid in te boet.
Author Igna Kleinschmidt
Share
