Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781928201441 | Published: October 18, 2015 | Paperback

Plak dit ook

Plak dit ook

Regular price R 99
Regular price R 300 Sale price R 99
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Hierdie nuttige boek is propvol idees vir die gebruik van tradisionele fotoplaktegnieke om jou huis te verfraai, gewone alledaagse artikels in lieflike geskenke te omskep of weggooigoed en optelgoed vir verdere gebruik te herwin en op te dollie. Dit wys jou hoe om bykans enigiets om te tower en persoon-spesifiek te maak deur foto's en onthougoed slim met fotoplakpapier, karton en tooisels te kombineer. Lieflike foto's van elke projek in 'n huisomgewing sal jou inspireer terwyl die geillustreerde stap-vir-stap aanwysings jou wys hoe; Prettige, ongewone en vindingryke projekte; Fantastiese geskenke en beregoed; Afwerkings wissel van stylvol en eenvoudig tot uitbundig en oordadig; Herwinning van blikke, flesse, bottels, hout-pallette, rame en selfs inkoopsakke. Die fokus van die boek is om herinneringe op slim en kreatiewe maniere te bewaar deur items te skep wat op jou mure en rakke ten toon gestel kan word. Met hierdie boek sal jy kort voor lank na net mooi enigiets as 'n moontlike skilderdoek kyk. Die meer as 55 projekte in die boek wissel van 'n klein koevert met 'n fotobinneblad, tot 'n groot vertoondeur van pallethout en sal byval vind by handwerkers met uiteenlopende agtergronde en vaardigheidsvlakke.

Author Jaclyn Venter

View full details