Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781928201663 | Published: October 15, 2016 |

'n Tafel Vir Elke Geleentheid

'n Tafel Vir Elke Geleentheid

Regular price R 120
Regular price R 350 Sale price R 120
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Dit bevat volledige planne met tafelversierings, blomme en alles anders wat nodig is om tafels vir 25 verskillende geleenthede te dek, asook meer as 50 watertandlekker resepte en aanwysings om tafelelemente soos servetringe, naamkaartjies, plekmatjies, geskenkboksies en ander dekoratiewe bykomstighede te maak. Praktiese inligting oor basiese beplanning, van die samestelling van inspirasieborde en idees vir ongewone onderborde tot die uitsoek van musiek en die volmaakte gasgeskenk, word aangevul deur uitgebreide fotobyskrifte wat die leser vertel hoe om alles na te doen. Die resepte is in 'n afsonderlike afdeling, gevolg deur aanwysings en patrone vir selfdoenprojekte wat nie volledig in die byskrifte gedek kon word nie. Daar is ook 'n oorvloed wenke en voorstelle vir eenvoudige aanbiedingstegnieke, die skedulering van take sodat jy die geleentheid saam met jou gaste kan geniet, en maniere om jou persoonlike stempel op alles af te druk.

View full details