ISBN: 9781928202035 | Published: September 1, 2014 |
Vreemdeling in my Vaderland
Vreemdeling in my Vaderland
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Hierdie boek handel oor 'n jong siviele ingenieur wat, as gevolg van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, sukkel om 'n werk in die nuwe Suid-Afrika te kry. Verder is die algemene voorkoms van korrupsie, misdaad en moord in die Suid-Afrikaanse samelewing 'n reuse-probleem waarmee hy ook rekening moet hou. As gevolg van hierdie omstandighede het vele Suid-Afrikaners, insluitende baie van sy familie, reeds die land verlaat om in die buiteland 'n heenkome te vind. Sy eie kundigheid as ingenieur is egter oorsee sterk in aanvraag en hy ontvang verskeie gunstige werksaanbiedinge om te oorweeg. Die besluit om te ry of te bly, is egter nie so maklik nie, want hy moet ook sy liefde vir en lojaliteit teenoor sy vaderland deeglik in ag neem. Tussendeur al die dramas en intriges wil sake met sy liefdeslewe ook nie altyd vlot verloop nie!
Author Piet Schoombie
Share
