Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781928209454 | Published: March 1, 2016 |

Die storie van 'n huis

Die storie van 'n huis

Regular price R 485
Regular price R 0 Sale price R 485
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

In die kombuis van La Creuzette
Is 'n kosbare tafel
Met twee bankies waarop vyftien kinders gaan sit
Dis so oud soos die datum in die ruite
Die menu bied vier of vyf forelle
'n smaaklike aartappeltert
En 'n fyn gebakte swartbessietert
- Gedig deur die gravin Renaud Saint Gal de Pons se kleinkind Beatrice

Na 15 jaar is die imposante Chateau de la Creuzette in haar volle glorie gerestoureer. Sy sit in haar skaduryke park omring deur eeu oue bome waar sy afwagtende besoekers steeds met oop arms ontvang.

Die suksesvolle Feestelike Frankryk het Fransgesinde lesers gaande gehad met stories en smaaklike resepte uit die Franse platteland. Uit La Creuzette se nuwe somerkombuis vloei daar nou 'n magdom kulinêre heerlikhede wat elke kosliefhebber se mond sal laat water.
Buiten die bykans 90 nuwe resepte wat die skrywers in vyf seisoene verdeel (ja vyf!) is daar 'n Kroekboek bygevoeg waarin die twee gashere hul maklike kortpadresepte en wenke met lesers deel - hoe om in die kombuis te kul en te konkel as die kalf in die put is. Hier word elke maaltyd 'n feesmaal.

Dek 'n mooi tafel en skink in kristal. Die storie van 'n Huis is dus nie slegs twee kookboeke in een nie, maar dis ook 'n ryklik versierde leesboek wat die verhaal en die geskiedenis van 'n herehuis en sy mense kleurvol naloop.

Kom binne, die deure staan oop ...

View full details