ISBN: 9781928230281 | Published: December 1, 2015 |
Superkos vir Superkinders
Superkos vir Superkinders
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Die Kos Revolusie het die wêreldwye vetsug-epidemie aangespreek met 'n revolusionêre benadering tot eet: dit het diepgewortelde oortuigings uitgedaag, was (en bly steeds) 'n rekordverkoper regoor Suid-Afrika, en het mense se lewens verander.
Met Superkos Vir Superkinders beoog die skrywers 'n revolusie in kindervoeding. Hulle glo dit is tyd om die kindervoedselbedryf sowel as ons uitgediende aannames daaroor uit te daag - tyd om ons kinders die beste voeding en die beste wegspring in die lewe te gee.
Superkos Vir Superkinders is nie 'n Banting-kookboek nie, en gaan nie oor 'geen-koolhidrate' voeding vir kinders nie. Maar deur 'n 'ware kos' eetplan wat laag in suiker en verfynde koolhidrate is, te bepleit, verteenwoordig dit Die Kos Revolusie se volgende stap om die wêreld te verander.
Share
