ISBN: 9781928283584 | Published: August 27, 2021 | Paperback
Sneeu in die Karoo
Sneeu in die Karoo
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
’n Nuwe novelle van die gewilde skrywer Jeanne Goosen het op 26 Augustus by Hemel & See Boeke verskyn. Sneeu in die Karoo is ’n uiters rare boek, waarin twee novelles in een band verskyn: Eerstens Jeanne Goosen se beskrywing van ’n maand se verblyf in Nieu-Bethesda. Sy gaan juis na dié klein Karoodorpie om te skryf en neem haar huishulp, Agnes Morao, saam.
Om Agnes besig te hou, koop Jeanne vir haar ’n Croxley oefenboek en ’n pen. Agnes begin skryf oor alles wat sy in Nieu-Bethesda ervaar – en oor haar kinderdae – terwyl die eintlike skrywer, Jeanne Goosen, nie aan die werk kan kom nie.
Die verskyning van Agnes se boek in een band saam met Jeanne Goosen se novelle is heel waarskynlik ’n eerste in wêreldletterkunde!
Goosen is die bekende skrywer van, onder andere, Ons is nie almal so nie, ’n Pawpaw vir my darling en die digbundel, Het jy geweet ek kan toor. ’n Biografie, Jeanne Goosen – ’n Lewe vol sinne, deur Petrovna Metelerkamp, het in 2020 by Hemel & See Boeke verskyn.
Author Jeanne Goosen
Share
