Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781928349839 | Published: August 1, 2016 |

Josefskleed - 'n Stryd om te oorleef

Josefskleed - 'n Stryd om te oorleef

Regular price R 300
Regular price R 0 Sale price R 300
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Op 11 Februarie 2014 woon Wynand en Frances du Toit die 25ste herdenkingsvieringe van die ondertekening
van die Brazzaville Protokol by. President Denis Sassou N'Guesso van die Republiek van die
Kongo hang die Nasionale Meriete Order van die Kongo om Wynand se nek.
Wat hy daar beleef en besef, laat die laaste stukke van die legkaart in plek val, dertig jaar na sy gevangeneming
in Cabinda, Angola.
Lees hier in sy eie woorde van sy stryd om te oorleef, om weer 'n plek in die samelewing in te neem. Hoe
hy en talle ander veteraan-soldate misbruik, misken, en verstoot is. Vergete slagoffers van die destydse
Kodesa-samesprekings, lewe baie oud-soldate in gebrek en armoede, hul onvermoë om in die nuwe
Suid-Afrika aan te pas 'n bewys van die ou regering se kille hantering van die eens magtigste weermag
in Afrika.
Die politieke poppe-meesters trek op 10 Mei 1994 die Josefskleed oor die donker put waarin sy eens getroue soldate en landsburgers
steeds verkeer. Die politieke en militêre vuilspel gerieflik verswyg in die gemak van hul aftree-pakette.
Dit bly 'n ope vraag: was dit nie juis diegene wat bereid was om die grense van lojaliteite oor te steek wat die werklike helde was en die
land van 'n bloedige burgeroorlog gered het nie?

View full details