ISBN: 9781928426127 | Published: April 11, 2018 |
Waar rats die Ribbok gaan...Briewe van Elsabe Steenberg
Waar rats die Ribbok gaan...Briewe van Elsabe Steenberg
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Elsabe Steenberg was die suster van André P. Brink en self ‘n gewilde en bekroonde Afrikaanse skrywer, veral bekend vir haar kinder- en jeugliteratuur. Sy het egter
ook, onder andere, kortverhale en dramas geskryf. Sy is met veelvuldige sklerose gediagnoseer, maar het ten spyte daarvan aangehou skryf.
Sy sou hierdie jaar haar 80ste verjaarsdag gevier het. Hierdie is ‘n herdenkingsbundel.
Vir die uitsonderlike wyse waarop sy kinder- en jeugliteratuur in Suid-Afrika bevorder kry sy verskeie spesiale toekennings:
Die Potchefstroomse Stadsraad vereer haar in 1990 met ‘n Gratia-toekenning,
Die Potchefstroomse Universiteit vir CHO gee in 1993 ‘n erkentlikheid-oorkonde aan haar
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer haar met ‘n besondere erepenning in 1993.
Hierdie is ‘n versameling briewe wat Elsabe geskryf het aan Elizabeth Venter, die samesteller se vrou. Dit vertel die verhaal van die Steenberg-gesin oor meer as 30 jaar,
Elsabe se skryfwerk, haar werk as dosent in Potchefstroom- en haar uitmergelende siekte.
Die gevierde en bekroonde skryfster is in 1996 aan veelvuldige sklerose oorlede. Haar laaste brief aan Elizabeth is ‘n maand vroeër geskryf.
Author Sarel Venter(Samesteller)
Share
