ISBN: 9781928426226 | Published: June 27, 2018 | Paperback
Ons moet spoeg om te sien hoekom ons nie kan sien nie
Ons moet spoeg om te sien hoekom ons nie kan sien nie
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
n Seun word groot met 'n swaard oor sy kop: Hy is geleidelik besig om blind te word. Hy is anders as sy maats en daar moet dikwels aanpassings en uitsonderings vir hom gemaak word. By die Skool vir Blindes, Worcester, is hy vir die eerste keer gelukkig tussen ander soos hy.
Sy humorsin en lughartige lewensuitkyk laat hom sy aandag vestig op die dinge wat hy kan doen. Hy voltooi die Comrades-, New York City- en vele ander maratonne. Hy klim Kilimanjaro en stap tot by Mt Amadablam-basiskamp in die Himalajas. Sy vrou en twee kinders motiveer hom om 'n “normale” en gelukkige lewe te lei.
Hierdie stories is 'n beligting van frustrasies, uitdagings en insidente wat hy as blinde ervaar. Dit gee vir die leser 'n insig in die alledaagse konfrontasie en uitdagings, maar ook in die komiese en humoristiese aspekte van blindwees.
Author Gerhard Ferreira
Share
